Lyrics of
Liefde Is Lekker

Adam stap met Eva deur die groentetuin
Eva sê vir Adam: "Jy brand lekker bruin"
Ja, sê Adam Eva: "Asseblief my maat,
Los die boom van kennis, Van die goed en kwaad"
Die slang was tog te lus en wys vir Eva hoe
En Eva sê vir Adam: "Net 'n happie proe"

Liefde is lekker, maar lekker is nie altyd liefde nie
Lekker se loop, kan wees om van te ween
Liefde is lekker, maar lekker is nie altyd liefde nie
Kyk die kat uit die boom uit, voor spring my seun

Soddom en Gemmorah was 'n heiden hool
Langsaan Sun City soos 'n Sondagskool
Die swawel en donderweer kom en Lot skree "Vlug!"
Marmie knip haar oë, sy kyk vir oulaas terug
Sy dogter sê vir Lot: "Pappie, iets is fout!"
Lot sê: "Wat dit Mammie, jy's so sout"

Liefde is lekker, maar lekker is nie altyd liefde nie
Lekker se loop, kan wees om van te ween
Liefde is lekker, maar lekker is nie altyd liefde nie
Kyk die kat uit die boom uit, voor spring my seun

Simson was nes Rock so 'n vris jong seun
Hy slaan die Filistyne met 'n kakebeen
Maar hy man is so moeilik om jou bol te ruk
As jy so nou en dan nog oor 'n meisie swik
Israeliete trane loop riviere vol
Simson sê: "Diliela waar's my vlegsel dol?"