Letra de
Volkslied

'n groot, groot leegte
hang oor die klippe en sand
'n leemte wat ons vasvang
en dan tussen ons tuine beland
ons sluk die spasie in
om verveeldheid te oorwin
en koekonne vir al ons kinders te spin
daai deel
agter die struike
en die grens van jou erf
waar net jou bure se diere inkom
daar lê die werklike waarde van jou eiendom
daar is te veel van ons
hoe het dit onmoontlik geraak?
om stilte te bekom
snaaks genoeg
vind ons vrede hierin
dis moeilik om net alleen te sit
daar is te veel mense
en almal weet dit
daar's 'n oop stuk grond kom ons bou 'n gat daarop
'n stoor vir ons huishoudelike stront
ruimteboef vakbond vabond
ingebreekte wilde kind
kan jy tog ook net jou rus vind?
ingebreekte wilde kind
daai deel agter die struike
en die grens van jou erf
waar jou speelgoed en sleutels oor jare opberg
daar lê die werklike waarde van jou eiendom
daar is te veel van ons
hoe het dit onmoontlik geraak?
om stilte te bekom
snaaks genoeg
vind ons vrede hierin
dis moeilik om net alleen te sit
daar is te veel mense
en almal weet dit