verse 1
En as die jaargety kom draai
En die reënwind oor my randjies waai
Laat die warrelwind ?n laaste keer
Sy nukke oor my lyf probeer
verse 2
En roer die reën die droë loop
Dan breek my hart se kleure oop
En knoop ek gou my blommejas
Van Kamieskroon tot Kommagas
Namakwaland se veld hou nuwejaar
Kom kyk hoe hotnotsriel ?n vygie daar
?n Blyplek, vryplek, Nababiep my ghantang
kom proe hoe soet ?n ghoukom hier kan smaak
verse 3
Ek sprei my kelkiewynkaros
Waar die horison die more los
En iewers staan ?n kokerboom
Kniediep in die geel en droom
Namakwaland se veld hou nuwejaar
Kom kyk hoe hotnotsriel ?n vygie daar
?n Blyplek, vryplek, Nababiep my ghantang
kom proe hoe soet ?n ghoukom hier kan smaak
Hier kan smaak
Outro