Letra de
Mr Jealousy

verse 1
So dis hoe dit voel
Dis hoe dit voel om groen te wees
Dis hoe dit proe
Die bitter smaak gly deur my vlees
Dis hoe dit lyk
Mr. Jealousy in swart opgedress
Dis hoe dit ruik
Sy skerp cologne wat my ooreis
Maybe is ek gatvol
Maybe is ek moeg gedink
Maybe is ek beautiful
Maar wie gee om, ek bly ongeskik
Maybe is ek hartseer
En maybe is ek moeg geskree
Maybe is ek lankal klaar gevang
Mr Jealousy maak my bang
Instrumental
Bridge
En ek sit hier met 'n duisend duiwe in my hande
Kyk verleë, en voel verlange,
Ek wil wegvlieg, ek moet wegvlieg
Asseblief laat my net vlieg
En die drome om my raak kleiner
Ek sit alleen en verkluim
Mr Jealousy staan net terug
Mr Jealousy hou op my verwurg
Instrumental
Maybe is ek gatvol
Maybe is ek moeg gedink
Maybe is ek beautiful
Maar wie gee om, ek bly ongeskik
Maybe is ek hartseer
En maybe is ek moeg geskree
Maybe is ek lankal klaar gevang
Mr Jealousy maak my bang