A 355400
1) Intro
Ons almal weef ons planne
in `n pragtige tapyt
Iewers op die rante
rafel alles uit
Met slotte en met grendels
neem jy jou besluit
Planete wat net wentel
onder die beleid
Konings en ladidas
Aasvoëls en hadidas
Woorde uit die mond
Kan `n hart verwond
Wat jy uit jou duim suig
Met jou gladde tong
Jou mond sal jy verby praat
Want daar is iets wat jy so mis
Ek sal op my tande byt
Soos jy my vat in die gesig
Konings en ladidas
Aasvoëls en hadidas
Mascaaaaaaara
Sy soen my weer "hello”
Sy sê: " ek sal my baadjie leen vir jou”
Haar hart is op die mou
Ek sal dit mooi toehou
dup-dub-dup-ta-da
My stem in die woestyn