Letra de
Hillbrow

'n ou man sit by die straat kafee
en kyk al die mense loop heen en weer
boemelaars raas by die wimpy bar
en Fontana is oop, tot laat in die aand
kaalvoet kinders in die straat
wys parkeerplek aan
en hou dan die hand en hou dan die hand
en hou oop die hand, ja
en gee gee gee, gee gee gee
jou sente jou drome jou klere vol gate
gee jou hart vir hillbrow
ja gee jou hart vir hillbrow
In Quartz Straat hoor ek ?n meisie my roep,
En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel,
En stemme en musiek klink in elke woonstel.
Ons sit in die son, drink wyn,
Ons survive met ?n helse lot pyn in hierdie land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef,
Op die een wat kry wat hy vra, ja
En gee, gee, gee. Gee, gee, gee