Lyrics Herders Op Die Ope Velde

Herders op die ope velde
Het dié nag die englekoor,
Met die blye evangelie
Uit die hemel aangehoor
Kom, loof die Heer, loof die Heer,
Loof die Here God in die hoogste heem?le.
Kom, loof die Heer, loof die Heer,
Loof die Here God in die hoogste he-me-le.
Verse
Met hul harte vol van vreugde
Praat hul van die Jesuskind
Herder vir die mens op aarde
Wat verdwaaldes soek en vind.
Kom, loof die Heer, loof die Heer,
Loof die Here God in die hoogste heem?le.
Kom, loof die Heer, loof die Heer,
Loof die Here God in die hoogste he-me-le.
Verse
Ere in die hoogste hemel,
Liefde, vrede, welbehae
Daal in Jesus tot ons neer.
Kom, loof die Heer, loof die Heer,
Loof die Here God in die hoogste heem?le.
Kom, loof die Heer, loof die Heer,
Loof die Here God in die hoogste he-me-le.