Daar staan ?n kruis, vol liefde rooi.
Waar Jesus self, die sondaar nooi,
om al die seer en self probeer,
te kom verruil vir soveel meer.
1
Ek is vry, waarlik vry, deur U bloed gestort vir my,
genade vloei, waar God moes bloei,
daar hang die kruis, die liefdes kruis.
verse 2
Daar staan ?n graf, wat leeg getuig,
U triompfeer en vrees moet swyg,
dit skree die dood, het doodgegaan,
die lewensvors het opgestaan.
Ek is vry, waarlik vry, want U leef, U leef in my,
dit is volbring, U het oorwin,
daar staan ?n graf, ?n leƫ graf.
verse 3
Daar staan ?n troon, met lof omring,
waar skares kniel en altyd sing,
kom kyk die Lam wat ewig heers,
U sal ek dien, U sal ek vrees.
Ek is vry, waarlik vry, een met U in heerskappy,
die hemel buig, die nasies juig,
daar staan ?n Troon, die Hemeltroon.
verse 4
Daar staan ?n bruid, in heerlikheid,
van elke volk en taal en tyd,
in glorie glans, berei vir Hom,
beminde van die bruidegom.
Ek is vry, waarlik vry, U kom weer, U kom vir my,
op daardie dag sal ek bly wag,
en leef as bruid, U liefdes bruid. (x2)
Outro
en leef as bruid, U liefdes bruid.