Lyrics of
As Musiek Begin Speel

Hulle sê ons moet glo, net soos die kinders
So is hierdie lewe dan net vir beginners?
Seuntjies word manne en gaan sit dan in ?n kroeg
en lyk moeg
Jy gaan eendag moet veg, met als wat jy het
Ek wil hê jy moet saam sing as musiek begin speel
en dans in die somer se reën
En soek vir die reënboog
langs die pad, my skat
Hardloop in die see in met jou jeans aan
Kyk uit vir ?n meermin en deel in gesprekke
oor al die mooi plekke langs die kus
Bly bewus van jouself
Net nie teveel nie
ook nie te min nie
Maar net nie te veel nie
Ek wil hê jy moet saam sing as musiek begin speel
En dans in die somer se reën
En soek vir die reënboog
langs die pad, my skat
En as jy ooit voel
die lewe is net een groot ge-suffer
reik jou hande uit en help ?n ander
met minder as jy
Gaan maak iemand bly
want dan sal jy
Altyd kan saam sing as die musiek begin speel
Nan na na na he, Nan na na na he
Nan na na na he, Nan na na na he
Nan na na na he, Nan na na na he
Nan na na na he, Nan na na na he
Ek wil he jy moet saam sing
Ek wil he jy moet saam sing
Ek wil he jy moet saam sing
my kind